Doen en Dien

Wat doen ons?

As gemeente het ons gereelde aktiwiteite deur die jaar. Sien die nuus afdeling vir die nuutste inligting.


Waar dien ons?

Getraumatiseerde kinders: Die omgeegroepie maak sakke wat aan kinders gegee word wat in traumatiese omstandighede van hul ouerhuise af weggeneem word. U kan help met die projek deur items te skenk wat in die sakke geplaas word, soos tandeborsels, tandepasta, seep en waslappie, sjampoe, deodorant, kam en borsels. Baba-produkte is ook welkom.

Onthou van ons projek om Komberse vir Stellenbosch Hospice in te samel. Baie dankie aan diegene wat reeds komberse gebring het.

Behoeftiges: Ons gee weekliks kos aan behoeftiges en u kan help om ons kosvoorraadkas vol te hou, enige nie-bederfbare produkte en toiletware is welkom.

Senior burgerklub: Ons verskaf gereeld ‘n aantal kospakke aan senior burgers in Ruyterwacht se senior klub. Die senior burgers het geen ander kos in Desember as hierdie kospakke nie. Kontanbydraes is welkom aangesien ons die kontant oorbetaal aan die komitee wat daarvoor sorg.

Huis Horison: Word steeds ondersteun in al hul aksies. Twee maal per jaar besoek ons hulle met die vrugtefees en die kersfees-besoekie.