Ons visie:
Ons dien God, mekaar en die gemeenskap, in geloof en liefde.
Ons gemeente is ‘n klein gemeente in Stellenbosch, letterlik op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch. Die gemeente bestaan uit permanente lidmate sowel as studente en daarom word die bearbeiding ook dienooreenkomstig ingerig. Ons het oggend en aanddienste, aangesien die meeste studente verkies om die aanddienste by te woon. Elke Dinsdagaand kom die HSV (Studente vereniging) byeen vir saamkuier, Bybelstudie of aktuele besprekings. Verder is daar gereelde Bybelstudie-byeenkomste, wyksbyeenkomste, byeenkomste vir werkende jongmense en natuurlik gewone huisbesoek.
Ons het woonstelle (Hervormatiehof) op die kerkkompleks waar ons deur die jaar behuising verskaf aan 34 studente. Ongelukkig kan ons dit nie meer in Desember as vakansiewoonstelle beskikbaar stel nie.
Ons gemeente is in kombinasie met Worcester waar daar ook elke Sondag ‘n erediens plaasvind en waar die gewone aktiwiteite ook aangebied word.
Waar is ons?

Kontak inligting:
Dr Chris le Roux (Predikant)
Epos: cleroux(by)mweb.co.za
Tel: 079 495 3239
Nederduitsch Hervormde Gemeente Stellenbosch
Posbus 2112, Dennesig, 7601
Dawnsingel 26,
De Wijnlanden Landgoed,
Stellenbosch 7600